توضیحات
Die Prediker was ’n wysheidsleraar in Israel. Hy dink na oor die sin van die lewe, en of dit enigsins te vinde is. Sy nadenke is geskoei op sy worsteling met die werklikhede van hierdie lewe, en in die vorm van spreuke, raad, opdragte en voorbeeld verhale verwoord. Hy wys veral op die futiliteit om die lewe “onder die son” sonder God te probeer leef.
Hy sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Hy oorweeg ons soeke daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs dwaasheid. Maar hy wys uit dat die probleem met hierdie soektog is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks. Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand.
Maar … dit is nie al nie! ‘n Sleutel vers vir sy boodskap is 3:11: “Hy (God) het alles mooi/goed gemaak op sy tyd. Hy het ook die ewigheid in hulle hart geplaas. Tog kan die mens nie God se werk van begin tot end uitvind/begryp nie.”
Die Prediker sê hiermee dat daar ‘n plan of patroon is vir en met alles, maar dat die plan God s’n is. Daarby is ons mense wat die kapasiteit het vir die ewigheid. Daardie soeke in ons na meer, is eintlik ’n soeke na God, na die eintlike werklikheid, na die eindbestemming, na die ewigheid.
En dit is wat die Prediker met sy boek wil doen. Hy wil ons herinner – terwyl hy die soeke na meer, sonder God, aan die kaak stel, en wys dat daar niks is wat regtig uiteindelik bevredig nie, dat alles tot niks kom – aan die werklikheid van God, die enigste Een wat sin bring aan ons lewens "onder die son".
Daarom is sy slotsom dat wanneer die lewe as 'n gawe uit Sy hand geniet word, goed begin sin maak, en wat die begeerte na meer in God sy vervulling vind. Die vreugde van die reis self, en die genot van die oomblik as sodanig, is reeds die gawe van God, nie eers die blywende waarde of uiteindelike betekenis daarvan nie, want dié uitkoms lê uiteraard uiteindelik in die hande van God, iets waarin ons nie ’n helder en volledige insig het nie.
Die Prediker breek dus ons illusies af oor die relatiewe waarde van die dinge waarop ons ons begeerte na meer fokus, sodat ons die absolute werklikheid van God se betrokkenheid by ons kan begin waardeer. Daarom moet ons goed luister na die Prediker en leer om met God te begin leef "onder die son".
Die Lees, luister, leef reeks is gebaseer op die materiaal van Bybelskool.com, en geskryf vir Bybelskole, Bybelstudiegroepe, en persoonlike stiltetyd. Elke boek in die reeks behandel ’n ander Bybelboek. Aan die hand van die Lectio Divina metodiek leer jy om die Bybel te leef, terwyl jy dit lees. Daardeur hoor jy die lewende stem van God in die Bybel, leer jy hoe om die Here Jesus prakties te volg, en skryf die Gees jou in God se verhaal met die wêreld in. Die Woord word só vir jou 'n huis om in te woon.

جزئیات کتاب
فرمت
کیندل
صفحات
77 صفحه
زبان
آفریکانس
منتشر شده
فوریه 19, 2014
ناشر
Chris van Wyk