Die slinkse slangslenter

Die slinkse slangslenter

Ancora nessuna valutazione
2013 · Afrikaans · Kindle · 10 editions
Aggiungi allo scaffale

Valuta questo libro


Esporta diario dei libri

Descrizione

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangslenter. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word.

Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die slinkse slangslenter is die vyfde storie in die Afrikaanse reeks.

Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!

Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10)

Dettagli del libro

Formato Kindle
Pagine 70 pagine
Lingua Afrikaans
Pubblicato Jun 1, 2013
Editore Human & Rousseau
Edizioni 10 editions
ISBN-10 0798164115
ISBN-13 9780798164115
Aggiungi allo scaffale

Valuta questo libro


Esporta diario dei libri