Descrizione
Hierdie is die tweede boek in die bekroonde outeur Beverly Lewis se DOGTERS VAN ABRAM-reeks. In DIE VERRAAD moet Leah Ebersol en Jonas Mast vir ses maande skei sodat Jonas sy internskap in Ohio kan voltooi. Sadie skenk geboorte, maar glo die baba het gesterf. Leah kry geleentheid om vir Jonas te gaan kuier, maar stuur die ontroosbare Sadie in haar plek. Intussen hoor Jonas allerhande ontstellende gerugte oor sy geliefde Leah. Gaan Jonas agter die waarheid kom? Gaan hy Leah bystaan? Gaan Sadie verwerp word deur haar gemeenskap? Sal Leah en Jonas ooit geluk vind? Intussen beleef die tweeling Hannah en Mary Ruth onnoembare hunkeringe. Dit lyk of die Ebersol-familie besig is om onherstelbaar uitmekaar te val.
Dettagli del libro
Formato
eBook
Lingua
Afrikaans
Pubblicato
Jan 1, 2006
Editore
CHRISTELIKE UITGEWERSMPY
Edizioni
5 edizioni
ISBN-10
1306904722
ISBN-13
9781306904728