Donderslag

Donderslag

아직 평점이 없습니다
Nov 1, 2015 · 아프리칸스어 · 킨들 (524 페이지)
서가에 추가

이 책 평가하기


도서 일지 내보내기

책 세부 정보

형식 킨들
페이지 524
언어 아프리칸스어
출판됨 Nov 1, 2015
출판사 Adamastor
ISBN-10 0795707568
ISBN-13 9780795707568

설명

Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag kinders wat moeilikheid vir die Courtney-familie voorspel, en – bowenal – Ruth Friedman.
Ruth slaan sy voete skoon onder hom uit. Vurig, jonk en… ’n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop, na oomblikke van glorie en oomblikke van verslaentheid. Deur elke uitdaging dra sy selfgeloof, sy krag en sy ysere wil hom.
Daar is die plaas wat hy probeer vestig; sy seun Dirk se kommerwekkende swakhede; sy wedywering met sy voormalige swaer en nou Boeregeneraal Jan Paulus le Roux; die komplekse verhouding met sy buite-egtelike seun, Michael; sy broer Garrick wat hom links en regs beduiwel; die weerspannige Ruth; en Storm, die dogter wat in hulle ongeoorloofde passie verwek is…
Met ’n paar perfek geplaaste karakters, voer Wilbur Smith die leser meesterlik tot midde-in die Anglo-Boereoorlog se aksie, van beroemde veldslae tot tipiese kleiner skermutselings. Teen die agtergrond van hierdie groot stryd tussen volke, voer Sean ’n persoonlike stryd om oorlewing, om ’n toekoms vir hom en sy geliefdes te bou, en om geluk te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.
서가에 추가

이 책 평가하기


도서 일지 내보내기