Mimus

Mimus

Nog geen beoordelingen
Jan 1, 2014 · Afrikaans · Paperback (381 pagina's)
Toevoegen aan Plank

Beoordeel dit boek


Boekjournaal exporteren

Boekdetails

Formaat Paperback
Pagina's 381
Taal Afrikaans
Gepubliceerd Jan 1, 2014
Uitgever Protea Boekhuis
ISBN-10 1485301971
ISBN-13 9781485301974

Beschrijving

Die koning word 'n bedelaar,
die bedelaar 'n koning.
Vanaand 'n bed in die paleis,
die straat môre jou woning.
So draai die wiel, so val die bod,
so spin Fortuna die mens se lot ...

Wanneer prins Florin en sy pa deur hul aartsvyande in 'n lokval gelei word, verander Florin se lewe in 'n oogwink. Waar sy dae vroeër om die koninklike kavallerie en pret met sy vriende gedraai het, word hy nou verdoem tot 'n lewe onder bevel van Mimus - die onvoorspelbare, enigmatiese en soms gemene hofnar. Met Mimus as leermeester moet Florin dag ná dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, 'n narpak en lawwe toertjies, wat Florin stadigaan laat wonder of die nar dalk sy vertroueling en vriend kan wees.

Mimus is 'n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, met in die middel 'n onpeilbare hofnar wat terselfdertyd lig én donker verteenwoordig. Dit is 'n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy boei.

(flapteks)

Genres

Thriller & Spanning Actie & Avontuur Horror Humor
Toevoegen aan Plank

Beoordeel dit boek


Boekjournaal exporteren