Beschreibung
In die proses kry hulle te doen met neo-Nazi's en fanatiese rassistiese elemente wat beplan om die staatspresident te vermoor.
Hulle word gekonfronteer deur spoke van die verlede en kry te doen met onverklaarbare verskynsels wat hul lewens onherroeplik verander.
In hierdie aksie-belaaide derde bundel oor die avonture van die Buro vir Paranormale Sake word die leser self gekonfronteer met die vraagstukke waarmee die ondersoekspan worstel.
Die skokkende inligting en gebeure in "Sieners", wat normaalweg onder die dekmantel van geheimhouding versteek word, kan niemand onaangeraak laat nie.