Descripción
Alex en sy vriende is hard aan die leer vir hulle SAK-eksamen – want om die Spesiale Agente-Kursus te slaag is nie speletjies nie! Maar wanneer die vraestelle uitgedeel word, is daar duidelik 'n skroef los: Elke leerling kry 'n kompetisie-inskrywing waarmee 'n pragtige stel potte en panne gewen kan word! Is dit regtig net 'n poskantoor-glips... of is dit POEV (die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging) se werk? Kan Alex en sy vriende die geheim agter die poskantoor-petalje oplos? Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van die onderwysers ontvoer, sal die leerders gereed wees.
Detalles del libro
Formato
Tapa blanda
Páginas
166 páginas
Idioma
Afrikáans
Publicado
mar. 1, 2012
Editorial
Protea Boekhuis
Ediciones
2 ediciones
ISBN-10
1869197682
ISBN-13
9781869197681