Book Details
Format
Paperback
Pages
166
Language
Afrikaans
Published
Mar 1, 2012
Publisher
Protea Boekhuis
ISBN-10
1869197682
ISBN-13
9781869197681
Description
Alex en sy vriende is hard aan die leer vir hulle SAK-eksamen – want om die Spesiale Agente-Kursus te slaag is nie speletjies nie! Maar wanneer die vraestelle uitgedeel word, is daar duidelik 'n skroef los: Elke leerling kry 'n kompetisie-inskrywing waarmee 'n pragtige stel potte en panne gewen kan word! Is dit regtig net 'n poskantoor-glips... of is dit POEV (die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging) se werk? Kan Alex en sy vriende die geheim agter die poskantoor-petalje oplos? Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van die onderwysers ontvoer, sal die leerders gereed wees.
Genres
Young Adult