Description
Op pad na die grootse skoenlapperbyeenkoms van sy lewe, word die jong bloutjie Joran na die Klipkoninkryk agter die waterval ontvoer - 'n gruwelike onderwêreld waar gewetenlose kewers die septer swaai, skoenlappers en motte soos slawe werk en 'n parmantige bloutjie óf gedwee diens doen as die Kewerkoningin se borsspeld, óf die gevaar loop om as muurbehangsel in die Saal van Duisend Skoenlappervlerke te eindig.
Maar wat is die geheimsinnige 'Eksodus' waarvan agteraf gefluister word? Waarom die spesmaas dat daar méér as koudbloedige haat agter die koningin se ysige blik skuil? Is die Verskriklike Misdadiger werklik so verskriklik en kan 'n twee-gram bloutjie se vernuf 'n kewervolk van ondergang red?

Book Details
Format
Paperback
Pages
336 pages
Language
Afrikaans
Published
Jan 1, 2012
Publisher
Protea Boekhuis
ISBN-10
1869197623
ISBN-13
9781869197629