Vlakwater

Vlakwater

No ratings yet
2015 · Afrikaans · Kindle · 2 editions
Add To Shelf

Rate this book


Export Book Journal

Description

’n Buitengewone avontuur – iets verrrassends en nuut in Winterbach se oeuvre. – Thys Human
Die middag kry Niek ’n poskaart in sy posbus. Dis ’n afbeelding van El Greco se skildery van Vincenzo Anastagi. Die boodskap agterop lui: Enige ekstra eksemplare van Vlakwater? V.S. V.S., nè?! Dit kan net Viktor Schoeman wees. ’n Suid-Afrikaanse posseël. Hier gepos dus. Dit voorspel niks goeds nie.
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend. Charelle Koopman, ’n belowende fotografiestudent wat by Niek loseer, verdwyn eendag sonder waarskuwing, en ’n welaf kunstenaar maak ’n verdagte aanbod op Niek se huis.
Op Stellenbosch skryf ’n vrou met ’n haaslip ’n monografie oor die videokuns van die Olivier-broers, en word op ’n dag ooggetuie van ’n moord. Kort hierna nader ’n holwangkêrel met ’n maniese blik in sy oë haar met ’n vreemde voorstel . . .

Book Details

Format Kindle
Pages 279 pages
Language Afrikaans
Published Aug 18, 2015
Publisher Human & Rousseau
Editions 2 editions
ISBN-10 0798170492
ISBN-13 9780798170499
Add To Shelf

Rate this book


Export Book Journal